BOOK LIEZEL
Copyright © 2018 Liezel van der Westhuizen

Website developed & maintained by Nebula Designs

Die Kameelperd reg om Kapenaars vroeg uit die vere te kry met ‘n nuwe avontuur !

Die Kameelperd reg om Kapenaars vroeg uit die vere te kry met ‘n nuwe avontuur !

Vanaf 1 Julie 2017 kan Kapenaars wat dou voor dag op is, uitsien na ‘n bekende, maar tog vars vroeë-oggend stem op 94.5KFM, wanneer Liezel van der Westhuizen die 05:00 tot 06:00 tydsgleuf oorneem.

Met haar skuif van Sondagaande tussen 19:00 en 22:00 na weeksoggende word Liezel slegs een van drie vroulike persoonlikhede wat hierdie gesogte tydsgleuf op kommersiële musiekradio in Suid-Afrika vul.

Altyd op die uitkyk vir ‘n nuwe uitdaging, het Liezel ook al ‘n hele paar ‘eerstes’ agter haar naam:

  • In 2011 was sy die heel eerste persoon ter wêreld wat ‘n sosiale media-aangedrewe fiets gery het en dit boonop nog tydens die Kaapstad-fietstoer. Deur die rit te voltooi het sy gehelp om fietse aan ‘n liefdadigheid in Khayelitsha te skenk
  • In 2012 het sy die eerste vrou ter wêreld geword wat ‘n Ysterman-driekamp aanbied. Met meer as 50 Ysterman-kompetisies wat wêreldwyd plaasvind en almal deur mans aangebied word, was dit ‘n groot oomblik
  • In dieselfde jaar het sy ook as aankondiger by die begin- en eindpunt van die Comrades Marathon opgetree, die heel eerste vrou in die wedloop se 91-jaar geskiedenis wat hierdie rol vertolk het.
  • Sy was ook die heel eerste Suid-Afrikaanse vrou wat tydens Mercedes Benz Menswear Fashion Week op die looplank gepryk het.
  • In 2013 & 2014 het sy die eerste plek in die Breede Somer Kano-reeks – Gemengde Dubbels behaal

Met haar passie vir sport en fiksheid, kan luisteraars van Liezel se nuwe program energieke besprekings op ‘n daaglikse basis verwag, sowel as musiek, verkeer en vele geleenthede om deel te neem aan pret uitdagings en selfs nou en dan saam met haar te oefen. Hierdie oefensessies sal op beginners gemik wees en ‘n verskeidenheid sportsoorte insluit – van draf en fietsry na kanoevaart en bergfietsry.

Liezel het self ‘n hele paar indrukwekkende sport-prestasies op haar kapstokkie – onder andere het sy al die IRONMAN-driekamp (3.8km swem, 180km fietsry and 42.2km hardloop), die IRONMAN70.3 (met ‘n gebreekte pols, daarby) en al twee keur die Dusi Kano-Marathon voltooi. Sy is ook ‘n gesertifiseerde diepsee duiker en hou daarvan om haar liefde vir die oseaan met onderwater ontdekkingsreise uit te leef. Van haar gunsteling-duik-bestemmings sluit in Madagaskar, die Maldives en Bali.

Behalwe vir spiere inspan en uithouvermoë toets, het Liezel ook ‘n sagte plek vir diere – veral die wat mishandel of sonder huise gelaat is – en sien sy uit om van hul stories met mense te deel. Sy hoop dat hierdie gesprekke dalk ‘n rol sal speel in die aanmoediging van ‘n aannemingskultuur onder Kaapenaars. Sy het self al twee worshondjies aangeneem – Leia wat sy by die DBV gevind het en het Luke verlede week van die Cape Dachshund Rescue aangeneem.

Buiten haar nuwe radio-program, hou Liezel se televisie-werk haar deurgans besig en reis sy gereeld om as seremoniemeester by funksies reg oor die wêreld op te tree.

So, as jou oggende dalk ‘n stewige inspuiting energie, lewenslus en pret kort, is Liezel van der Westhuizen tussen 05:00 en 06:00 presies wat die dokter voorgeskryf het!

Intussen kan jy Liezel se avonture volg deur haar Giraffe in the City videoblog te kyk, sowel as om haar op Facebook, Twitter en Instagram te volg.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Twitter: @liezelv

Instagram: @liezelonline

Blog: WWW.GIRAFFEINTHECITY.COM

Facebook: https://www.facebook.com/liezelonline

LIEZEL VAN DER WESTHUIZEN AGTERGROND

  • Sy het DRIE grade agter haar naam – BCOM Menslike Hulpbronbestuur, BCOM HONS Kommunikasiebestuur, MCOM Kommunikasiebestuur (TUKS)
  • In 2009 het sy die tweede vrou in die wêreld geword om ‘n IDOLS-aanbieder te wees
  • In 2016 is Liezel aangewys as die mees invloedryke vrou werksaam in besigheid/regeringsake in Afrika vir die SADC-streek IN MEDIA
  • In 2014 het Liezel derde geplaas in die Mnr & Me Fiksheid SA Kampioenskap – Klassieke Bikini kompetisie

2017-09-11T12:45:12+00:00